WET
Om voorsiening te maak vir die reg om 'n petisie voor te lê aan die Wetgewer van die
Provinsie Vrystaat; om voorsiening te maak vir die algemene beginsels en prosedures rakende die indien van 'n petisie aan die Wetgewer; om voorsiening te maak vir die oorweging van 'n petisie deur die komitees van die Wetgewer; en om voorsiening te maak vir toevallige sake.
DAAR WORD BEPAAL deur die Provinsiale Wetgewer van die Provinsie Vrystaat soos volg:-
Engelse teks deur die Premier bekragtig en geteken.
Woordomskrywings
In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken -
administratiewe ondersteuningsdiens" werknemers van die Wetgewer wat aangewys is deur die Sekretaris vir die doel van doelmatige implementering en uitvoering van hierdie Wet;
Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996;
hierdie Wet" sluit die regulasies in wat ingevolge hierdie Wet gepromulgeer is.
Komitee" 'n Portefeuljekomitee van die Wetgewer, en sluit 'n ad hoc-komitee in wat gestig is in ooreenstemming met die Reglement van Orde;
munisipale raad" die plaaslike regeringsgesag in die Provinsie;
petisie" 'n klagte of 'n versoek of 'n voorlegging of 'n betoog wat deur die petisionaris aan die Komitee gerig is ingevolge hierdie Wet;
petisionaris" 'n persoon wat 'n petisie voorlê ingevolge hierdie Wet, en dit sluit 'n natuurlike of regspersoon in;
Provinsie" die Provinsie Vrystaat gestig ingevolge artikel 103 van die Grondwet;
Sekretaris" die Sekretaris van die Wetgewer, of enige amptenaar wat skriftelik deur die Sekretaris aangewys is;
Speaker" die Speaker van die Wetgewer verkies ingevolge artikel 111 van die
Grondwet;
Reglement van Orde" die reëls en ordes wat opgestel is vir die voer van verrigtinge van die Wetgewer ingevolge artikel 116 van die Grondwet
toepaslike gesag" 'n provinsiale departement, munisipale raad of ander regeringsinstelling waaroor die Wetgewer toesig uitoefen;
Uitvoerende Raad" die uitvoerende raad van die Provinsie soos beoog in artikel van die Grondwet;
Voorsitter" die voorsitter van die Komitee;
voorgeskrewe" voorgeskryf by regulasie ingevolge artikel 16;
Wetgewer" die provinsiale wetgewer van die Provinsie soos beoog in artikel 104
van die Grondwet.
Reg tot petisie
(a) Onderworpe aan die bepalinge van hierdie Wet en enige ander wet, het 'n petisionaris die reg om 'n petisie aan die Wetgewer voor te lê.
b Die administratiewe ondersteuningsdiens moet hulp verleen aan 'n voornemende petisionaris wat 'n petisie aan die Wetgewer wil voorlê.
Algemene beginsels
 'n Petisionaris moet skriftelik 'n petisie in enige van die amptelike tale van die Republiek van Suid-Afrika voorlê.
Die Wetgewer moet -
a die regte van 'n petisionaris soos in hierdie Wet bepaal, respekteer, beskerm en bevorder;
b toepaslike stappe neem om deelname aan die regeringsproses van die Provinsie deur die burgers van die Provinsie te bevorder en te fasiliteer; veral persone wat voorheen deur onregverdige diskriminasie van welke aard ook al benadeel is; en c die demokrasie versterk deur optimale aanspreeklikheid en deursigtigheid in hul oorweging van petisies uit te oefen.
Die Wetgewer moet 'n regverdige en gelyke proses bevorder en fasiliteer by die oorweging van petisies wat ingevolge hierdie Wet aan die Wetgewer voorgelê is.
Petisies
 'n Petisie mag -
a 'n enkele petisie wees, wat 'n individuele voorlegging van 'n enkele petisionaris is, rakende 'n spesifieke klagte of versoek;
b 'n assosiatiewe petisie wees, wat 'n individuele voorlegging van 'n vereniging of 'n enkele petisionaris is wat deur 'n vereniging afgevaardig is om daardie petisie, rakende 'n spesifieke klag of versoek, voor te lê;
c 'n gesamentlike petisie wees, wat 'n versameling handtekeninge van n paar petisionarisse rakende 'n spesifieke klagte of versoek is;
d 'n massa- of groeppetisie wees, wat bestaan uit individuele of groepvoorleggings van 'n aantal petisionarisse rakende dieselfde of wesenlik ooreenstemmende klagtes of versoeke.
a in sy of haar eie belang;
b in die belang van 'n ander persoon wat om welke rede ookal nie in n posisie is om 'n petisie in sy, haar, of hulle eie naam in te dien nie;
c as 'n lid van, of in die belang van 'n groep of deel van 'n gemeenskap; of d in openbare belang.
'n Petisie mag, onderworpe aan subartikel 4 enige saak aanroer -
a binne die wetgewende gesag van die Provinsie soos in die Grondwet beoog;
b binne die uitvoerende gesag van die Provinsie soos in die Grondwet beoog;
c wat ingevolge die Grondwet aan 'n lid van die Uitvoerende Raad opgedra is;
d rakende die provinsiale oorsig van plaaslike regering soos in die
Grondwet beoog.
Die Wetgewer moet nie 'n petisie oorweeg wat -
a buite die omvang van kwessies soos in subartikel 3 beoog, val;
b handel oor 'n kwessie wat hangende is in 'n geregshof of ander tribunaal of forum soos in die Grondwet beoog;
c verband hou met die skuldigbevinding en vonnisoplegging deur 'n strafhof van 'n persoon vir 'n tydperk van tronkstraf; of d oor 'n saak handel wat binne die verwysingsraamwerk van 'n kommissie van ondersoek val wat ingevolge artikel 127 (e) van die
Grondwet gestig is.
Die Wetgewer moet nie 'n petisie oorweeg wat -
a onleesbaar is;
b nie die korrekte naam en kontakbesonderhede van die petisionaris bevat en, waar van toepassing, die naam van die vereniging of groep namens wie die petisie voorgelê is, bevat nie;
c nie deur die petisionaris geteken is nie, behalwe in gevalle waar die petisionaris nie kan skryf nie en -
i wat 'n merk op die petisie gemaak het as simbool van sy of haar bevoegdheid om die petisie in te dien; en ii daardie merk gemaak is in die teenwoordigheid van twee getuies wat kan skryf, en wat, deur die ondertekening van daardie petisie, sertifiseer dat die merk dié van die petisionaris is.
d 'n kwessie aanraak wat voorheen deur die Komitee oorweeg is, behalwe as daardie petisie nuwe inligting bevat wat 'n substansiële invloed op die uitkoms van die oorweging van die saak kan uitoefen;
e lasterlike of onwelvoeglike taal bevat;
f indien van toepassing, 'n kwessie aanroer wat die petisionaris nog nie onder die aandag van die betrokke owerheid gebring het nie, of as die petisionaris dit onder die aandag van die betrokke owerheid gebring het, die betrokke owerheid nog nie redelike tyd gegee is om die saak te oorweeg nie.
Voorlegging van 'n petisie
 Die Speaker moet, onderworpe aan hierdie Wet en die Reglement van Orde, elke petisie wat aan hom of haar voorgelê is, vir goedkeuring oorweeg.
Indien die Wetgewer in sitting is, verwys die Wetgewer kragtens besluit 'n petisie na die betrokke Komitee.
Indien die Wetgewer nie in sitting is nie, verwys die Speaker 'n petisie na die betrokke Komitee ingevolge die bepalings van die Reglement van Orde
Funksies van die Komitee
Die Komitee moet -
a onderworpe aan hierdie Wet, elke petisie wat daarna verwys is oorweeg met die oogmerk om die saak genoegsaam vir die petisionaris te besleg en aan die Wetgewer verslag doen;
b voor dit 'n petisie oorweeg, die mondelinge voorlegging of getuienis van 'n petisionaris in gevolge artikel 7(a) notuleer en op skrif stel;
c vereis van die persoon of liggaam om skriftelik verslag te doen aan die
Komitee oor stappe wat deur daardie persoon of liggaam geneem is om die klagte, versoek, aanbeveling of instruksie, na gelang van die geval, deur die
Komitee aan te spreek;
d indien dit weier om 'n petisie te oorweeg ingevolge artikel 43, 4 en 5 of omdat dit nie in ooreenstemming met hierdie Wet ingedien is nie, die feit aan die Wetgewer te rapporteer;
e soos vasgestel deur die Wetgewer, verslag doen aan die Wetgewer oor die petisies wat daarna verwys is en alle aktiwiteite wat daarmee verband hou, insluitende -
i die mate van reaksie, toereikendheid en stiptelikheid waarmee petisies hanteer word; en ii die doeltreffendheid van die petisieproses en - prosedures; en f aan die administratiewe ondersteuningsdiens opdrag gee om 'n petisionaris betyds in te lig -
i van tyd tot tyd, oor vordering rakende die oorweging van 'n petisie;
ii as die petisionaris deur die Komitee uitgenooi is om 'n mondelingse voorlegging te doen of om 'n getuie te roep, oor die datum, tyd en plek waar die petisie oorweeg gaan word, en dat die petisionaris die sitting van die Komitee mag bywoon;
iii van die feit dat die petisionaris toegang het tot die petisielêer te alle redelike tye soos voorgeskryf;
g waar toepaslik, ander paslike oplossings beskikbaar aan die petisionaris, by die Wetgewer aanbeveel.
Magte van die Komitee
Die Komitee mag -
a 'n petisionaris uitnooi om -
i sy of haar petisie met addisionele mondelinge of geskrewe voorleggings aan te vul;
ii 'n getuie roep om mondelinge of geskrewe getuienis aan die
Komitee te lewer;
b 'n uitnodiging te rig vir openbare insette van belangstellende partye ten opsigte van 'n petitsie onder oorweging;
c 'n aanbeveling aan die Wetgewer doen met die doel om 'n skikking, wat aanvaarbaar is vir die petisionaris oor die versoek of klagte wat in die petisie vervat is, te bereik;
d 'n aanbeveling aan die Wetgewer doen rakende die algemene benadering wat in die toekoms gevolg moet word tydens die beslegting van 'n versoek of 'n klagte;
e indien so versoek deur 'n petisionaris, 'n geskil of klagte besleg, 'n wet herroep, of 'n leemte aansuiwer rakende sake wat nie deur wetgewing voorgeskryf word nie, deur middel van bemiddeling of onderhandeling;
f 'n aanbeveling aan die Wetgewer doen om die petisie na 'n ander komitee van die Wetgewer te verwys;
g die oorweging van 'n petisie afhandel en aan die Wetgewer verslag doen, as daar besluit word dat geen stappe of verdere stappe, afhangende van die geval, geneem kan word om die saak voldoende vir die petisionaris te besleg nie;
h as die klagte of versoek in die petisie sedert die voorlegging daarvan genoegsaam vir die petisionaris geskik is, die oorweging daarvan afsluit, en die feit aan die Wetgewer rapporteer;
i onderworpe aan hierdie Wet, 'n subkomitee aanstel kragtens die Reglement van Orde om enige funksies en magte van die Komitee uit te voer.
Prosedure vir die oorweging van 'n petisie
Die prosedure vir die oorweging van 'n petisie is soos voorgeskryf in die regulasies en in ooreenstemming met die Reglement van Orde.
Sitting van die Komitee
 Ten einde getuienis aan te hoor en 'n petisie te oorweeg, mag die Komitee sit op 'n datum, tyd en plek in die Provinsie wat bepaal word deur die
Komitee in ooreenstemming met die Reglement van Orde Reëls.
Die Voorsitter moet kennis gee van 'n sitting van die Komitee in ooreenstemming met die Reglement van Orde.
Die Voorsitter moet die administratiewe ondersteuningsdiens opdrag gee om betyds -
a te verseker dat dagvaardings van getuies behoorlik uitgereik en bedien is soos voorgeskryf;
b die petisionaris skriftelik in kennis stel van enige kwessie waaroor die petisionaris die reg het om ingelig te word volgens hierdie Wet, enige ander Wet of die Reglement van Orde;
c indien nodig, te verseker dat die inhoud van die petisielêer na 'n werkende taal van die Komitee vertaal word;
d enige addisionele plig uitvoer wat die Komitee in staat sal stel om die petisie behoorlik te oorweeg en sy ander funksies kragtens hierdie Wet en die Reglement van Orde uit te voer.
Getuienis wat voor die Komitee dien, moet in die openbaar gehoor word, behalwe as dit -
a in die belang van geregtigheid is, of b in belang is van die veiligheid van 'n petisionaris of 'n getuie.
Die administratiewe ondersteuningsdiens moet die Voorsitter van 'n lys van petisies voorsien wat nie deur die Komitee gefinaliseer is nie, om tydens elke vergadering van die Komitee ter tafel gelê word.
Aanspreeklikheid van die Komitee
 Die Komitee moet verslag lewer aan die Wetgewer soos in artikel 6 bedoel.
'n Debat oor 'n kwessie wat geopper word in 'n verslag van die Komitee aan die Wetgewer moet plaasvind as dit deur meer as drie lede van die Wetgewer vereis word.
Die Wetgewer mag enige saak vervat in 'n verslag deur die Komitee aan die
Wetgewer voorgelê, na die Komitee terugverwys vir heroorweging.
'n Lid van die Wetgewer het toegang tot die petisielêer te eniger redelike tyd.
Terwyl die Komitee 'n petisie oorweeg, mag die Wetgewer slegs 'n interpellasie doen rakende daardie petisie vir die proses van oorweging van die petisie, en nie ten opsigte van die meriete daarvan nie.
'n Lid van die Wetgewer mag, terwyl die Komitee besig is om 'n petisie te oorweeg, slegs 'n vraag ten opsigte van daardie petisie stel rakende die proses van oorweging van die petisie en nie rakende die meriete daarvan nie.
Getuies en bewysmateriaal
 Vir die doel om 'n kwessie wat verband hou met die onderwerp van hulle ondersoek te bevestig, mag die Komitee, onderworpe aan die bepalings van die Wet op die Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteite van die Provinsiale
i 'n persoon ontbied om 'n sitting van die Komitee by te woon, ten einde te getuig of om enige boek, dokument, voorwerp of ander bewysmateriaal te verskaf indien die Komitee dit vereis, of ii 'n persoon dagvaar om 'n sitting van die Komitee as 'n getuie by te woon, ten einde te getuig of om enige boek, dokument, voorwerp of ander bewysmateriaal te verskaf, en voor die Komitee te verskyn op n tyd en plek soos in die dagvaarding bepaal.
'n Persoon wat voor die Komitee verskyn om mondelinge getuienis te lewer, moet, voordat daardie getuienis gelewer word, 'n eed aflê of 'n plegtige verklaring doen wat deur die Voorsitter of enige ander persoon wat deur hom of haar gemagtig is om dit te doen, afgeneem word om slegs die waarheid te praat.
Onderhewig aan goedkeuring deur die Speaker is 'n persoon wat gedagvaar is om 'n sitting van die Komitee as getuie by te woon of wat getuienis voor die Komitee afgelê het, geregtig op die bedrag wat betaalbaar is aan 'n getuie wat in 'n strafgeding in die Hooggeregshof van die Republiek getuig.
'n Persoon wat voor die Komitee verskyn om mondelinge getuienis te lewer mag deur 'n verteenwoordiger van sy or haar keuse bygestaan word.
Retensie van bewysmateriaal
 Die Komitee moet 'n kopie of afdruk in enige formaat maak van bewysmateriaal wat by hulle ingedien is.
Die Komitee moet sodanige kopie of afdruk vir 'n onbepaalde tydperk na die afhandeling van die oorweging van 'n petisie terughou.
Die administratiewe ondersteuningsdiens moet die kopie of afdruk in subartikel bedoel in die spesifieke petisielêer insluit.
Misdrywe
 'n Persoon wat behoorlik kragtens artikel 11 gedagvaar is en wat sonder voldoende rede -
a in gebreke bly om op die datum en in die lokaal wat in die dagvaarding aangedui is voor die Komitee te verskyn;
b in gebreke bly om teenwoordig te bly by die sitting van die Komitee totdat die Voorsitter hom of haar van verdere teenwoordigheid verskoon;
c weier of in gebreke bly om 'n eed of 'n plegtige verklaring af te lê
soos in artikel 11 bedoel wanneer deur die Voorsitter versoek word om dit te doen;
d weier of in gebreke bly om enige boek, dokument, voorwerp of ander bewysmateriaal te verskaf wat in sy of haar besit of onder sy of haar beheer is en wat hy of sy beveel is om te verskaf, is skuldig aan 'n misdryf.
'n Persoon wat behoorlik kragtens artikel 11 gedagvaar is en wat nadat 'n eed of 'n plegtige verklaring afgelê is -
a in gebreke bly om enige vraag wat wetlik aan hom of haar gestel is, volledig of eerlik te antwoord; of
b anders bewustelik valse getuienis lewer, is skuldig aan 'n misdryf.
'n Persoon -
a wat 'n persoon wat behoorlik kragtens artikel 11 gedagvaar is dreig, belemmer of onregmatig beïnvloed om -
i te weier of in gebreke te bly om mondelinge getuienis voor die Komitee te lewer;
ii bewustelik valse getuienis voor die Komitee te lewer; of iii te weier of in gebreke te bly om enige boek, dokument, voorwerp of ander bewysmateriaal te verskaf wat in sy of haar besit of onder sy of haar beheer is en wat hy of sy beveel is om te verskaf;
b behoorlik ingevolge artikel 11 gedagvaar en wat enige boek, dokument, voorwerp of ander bewysmateriaal aan die Komitee verskaf wat hy of sy weet vals, versin, vervals of onwettiglik of valslik gewysig is;
c wat enige boek, dokument, voorwerp of ander bewysmateriaal wat hy of sy weet of redelikerwys verwag mag word om te weet toepaslik mag wees vir 'n petisie wat deur die Komitee oorweeg word of oorweeg moet word, vernietig, versteek, vervals, versin of onwettig of valslik wysig; of d wat bewustelik die Komitee van inligting voorsien of 'n verklaring voor die Komitee doen wat vals of misleidend is, is skuldig aan 'n misdryf.
Enige persoon wat die Komitee, enige lid van die Komitee of enige lid van die administratiewe ondersteuningsdiens opsetlik belemmer of onregmatig beïnvloed om enigiets te doen of nie te doen nie wat ooreenkomstig hierdie
Wet gemagtig is, is skuldig aan 'n misdryf.
Enige persoon wat versuim of weier om te voldoen aan die besluit van die
Wetgewer kragtens hierdie Wet, is skuldig aan 'n misdryf.
Kommunikering met die petisionaris
Die Sekretaris sal enige besluit wat deur die Wetgewer geneem is rakende 'n petisie en die redes daarvoor skriftelik aan die petisionaris kommunikeer.
'n Persoon wat veroordeel is weens 'n misdryf ingevolge artikel 13 is blootgestel aan n boete of tronkstraf vir 'n tydperk van nie langer as 12 maande nie of vir beide sodanige boete en tronkstraf.
Regulasies
 Die Speaker mag regulasies maak ten opsigte van -
a die proses en prosedures vir die indiening van 'n petisie;
b die registrasie van 'n petisie en die opening van 'n petisielêer deur die Sekretaris;
c die voorlopige ondersoek van 'n petisie deur die administratiewe ondersteuningsdiens;
d die proses en prosedures vir die verwysing van 'n petisie na 'n
Komitee;
e die proses en prosedures vir die hantering van 'n petisie wanneer die
Wetgewer nie in sitting is nie; en f die prosedure om botsende belange te hanteer.
Die Speaker mag regulasies maak ten opsigte van -
a die regte van 'n petisionaris soos in hierdie Wet beoog;
b enige verpligting of funksie waarvoor daar nie in subartikel 1
voorsiening gemaak word nie, wat van die Komitee verwag word om uit te voer;
c enige verpligting of funksie waarvoor daar nie in subartikel 1
voorsiening gemaak word nie, wat van die administratiewe ondersteuningsdiens verwag word om uit te voer;
d enige tydsraamwerk waaraan tydens enige proses of vir enige prosedure beoog in hierdie Wet voldoen moet word;
e die opneem in argiewe of die wegdoening van 'n petisielêer wat gesluit is;
f die prosedures en proses vir die uitreiking en bediening van 'n dagvaarding vir doeleindes van hierdie Wet;
g enige maatreëls wat deur die Wetgewer en Komitee geneem moet word om deelname deur die burgers van die Provinsie in die proses van staatsbestuur van die Provinsie te bevorder en te fasiliteer; of h oor die algemeen, enige kwessie waarvoor daar nie in hierdie artikel voorsiening gemaak word nie en wat nodig mag wees om voor te skryf ten einde die doelwitte van hierdie Wet te bereik of bevorder.
Kort titel
Hierdie Wet heet die Vrystaatse Wet op Petisies, 2008.
